Language / Taal

God se Top Tien (elektronies versend) (Produkkode: tt2)

God se Top Tien
Reëls wat ons help om God en mense lief te hê.
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Wat ’n blye dag wanneer ons besef dat die Tien Gebooie nie reëls is waarmee God ons wil straf nie, maar wil versorg; dat ons hierdie reëls nie gehoorsaam om gered te word nie, maar omdat ons gered is! In hierdie aanbieding oor die Tien Gebooie wil ons kinders laat ontdek dat God se reëls daar is vir ons eie veiligheid. Slegs wanneer ons ons liefde teenoor God en ons naaste uitleef, lééf ons werklik en is ons vry. 

Ds. Santie Nel, leraar NG Harmonie, Kimberley, skryf: Terwyl ek deur God se Top Tien gelees het, het dit my opgeval dat daar ‘n besondere fokus op ’n verhouding met God is. Die skrywer help ons om met nuwe oë na God te kyk en Hom te sien nie as heerser wat ons wil regeer nie, maar as ons hemelse Pa wat ons met sy liefde wil omvou en ons wil beskerm van seerkry en swaar in die lewe. Ons ontdek hoe ons ons kinders kan help om God op ‘n nuwe manier te leer ken. Hier is weer eens ‘n unieke en kosbare reeks, soos talle ander van KidsXpress se reekse. 
Volledige programme vir drie opsies ingesluit.

Opsie 1 
Een aanbieding van 60 minute in ’n Kinderkerkopset met ’n groot-/kleingroep verdeling. 
Opsie 2
Twee aanbiedings van 60 minute elk in ’n Kinderkerkopset met ’n groot-/kleingroep verdeling. 
Opsie 3 
Ses aanbiedings van 20 minute elk oor ses weke as deel van ’n weeklikse Kinderkerk-liturgie: 10 minute in die grootgroep en 10 minute in die kleingroepe. Gebruik saam met enige kwartaaltema.

Prys: R 145.00
Aantal:
Webseite www.webdesigner-profi.de
Top