Language / Taal

Paasfees-hande (op CD) (Produkkode: hp1)

Paasfees-hande
Hande wat sorg en seën

In Paasfees-hande kyk ons na die rol wat verskillende mense se hande tydens Jesus se krusiging gespeel het. Die gehoor word uitgedaag om God toe te laat om hul hande tydens Paasfees te gebruik om te sorg en te seën. Die boodskap neem die vorm aan van Wys en vertel. Soos wat die vertelling plaasvind word voorwerpe gewys om die verhaal visueel voor te stel.

Ds Faani Engelbrecht, leraar by NG Goodwood skryf: Vir die afgelope paar jaar al is KidsXpress die eerste plek waarheen ek gaan wanneer ek enige nuwe materiaal soek vir ons kinderbediening. En soos altyd, staan die materiaal van Kersfees- en Paasfees-hande nie net op stewige teologiese voete nie, dit is propvol praktiese wenke en kraakvars, nuwe idees vir lekker-doen-dinge wat die leerproses vir almal lekkerder en makliker maak. 

Ek is ’n groot voorstander van intergenerasionele eredienste – eredienste waar daar binne een ruimte plek gemaak word vir jonk en oud – waar kinders nie net bedien word nie, maar geleentheid kry om te bedien én om deel van die totale bediening van die gemeente te wees. KidsXpress verstaan dit en Kersfees- en Paasfees-hande is nie hiervan ’n uitsondering nie. Hier is voorstelle vir ’n erediens-feesdiens, sowel as aktiwiteite vir ’n kleingroepbyeenkoms daarnaas.

Met hierdie produk gaan jý nie kan wag vir die Kers- en/of Paas-seisoen nie! En die kinders en gesinne gaan nooit hierdie ‘hands-on’ boodskap vergeet nie.

Prys: R 160.00
Aantal:
Webseite www.webdesigner-profi.de
Top