Language / Taal

Ware Noord (Produkkode: wn)

Ware Noord
‘n Reeks om Jongmense te help om te weet WAT hulle glo en WAAROM hulle glo
Outeur: Renier du Plessis

Retief Burger skryf oor Ware Noord:
In ’n era waar jongmense konstant gebombardeer word met kwelvrae oor God se bestaan en die postmoderne samelewing ons jeug in allerhande onsekere rigtings indwing, moet die kerk die waarheid oor God duidelik en prakties uitbasuin! Ware Noord is ’n suiwer stem wat bo die geraas van ateïsme uitstyg. Dit is ’n uitstekende hulpmiddel vir kerke, jeuggroepe en skole wat op geselstrant die Waarheid in tiener-harte vasmaak. Met praktiese groepbesprekings en relevante Skrifgebruik maak hierdie boek ’n groot impak op die gebied van die apologetiek. Met die lees hiervan is ek opnuut gemotiveer om my geloof met ander te deel en logiese antwoorde op moeilike vrae aan ’n twyfelende, verlore wêreld te gee.

Die boek se vertrekpunt is die avontuurlike verhaal van Jonathan Hunter, ’n sewentienjarige seun wat die geleentheid kry om vir drie weke lank op sy oom se manjifieke seilskip Glory te reis. Die verhaal speel af in die jaar 1775.

Op die reis ontmoet Jonathan, ’n opregte maar naïewe Christen-tiener, mense wat radikaal anders dink oor die lewe as hy. Die jongmense deel dan in sy stryd om antwoorde te kry op al die moeilike vrae waarmee hy op sy avonture gekonfronteer word. 

Ware Noord bevat ses byeenkomste vir 13- tot 16-jariges en sluit ‘n CD met ‘n PowerPoint-aanbieding en reproduseerbare uitdeelstuk vir elke les in. Dit is geskik vir aanbieding in groot- en kleingroepe.

Prys: R 295.00
Aantal:
Copyright MAXXmarketing GmbH
JoomShopping Download & Support
Top