Language / Taal

Ken jy vir Jesus? (Handleiding + Hulpmiddel CD (Produkkode: ken)

Ken jy vir Jesus?
Is Hy jou Here, jou Herder, jou Koning?
Outeur: Chrissie Kritzinger
Ilustrasies deur: Magriet Brink

Hierdie reeks wil vensters oopmaak op wie Jesus is, wat Hy kom doen het, vertel het, hoe Hy lewens aangeraak het terwyl Hy op aarde geloop het, en hoe Hy dit steeds kan en wil doen. Op ‘n dieper vlak vra ons: “Ken jy vir Jesus?” en bedoel daarmee: Het jy ‘n persoonlike verhouding met Hom? Is Hy jou Here, jou Held, jou Koning? Is Hy die een na wie jy draai as jy bang is, bly is, dankbaar of hartseer is? My gebed is dat elke kind wat aan hierdie reeks gaan deelneem, ‘n dieper persoonlike verhouding met Jesus sal ontwikkel, sodat elkeen van hulle ook met blink oë van “My Jesus” sal kan praat…

Prys: R 260.00
Aantal:
Copyright MAXXmarketing GmbH
JoomShopping Download & Support
Top