Language / Taal

Talente & Geestelike geskenke (Produkkode: tg1)

Talente & Geestelike geskenke
Outeur Tania Schultz

’n Reeks om 7- tot 13-jariges te help om hulle geestelike geskenke te ontdek en uit te deel.

Ons hoor die verhale van kinders en jongmense in die Bybel, soos o. a. Dawid, Ester, Mirjam, Samuel en Timoteus, wat deur God gebruik is wanneer hulle hulle geestelike geskenke uitgedeel het. Kinders hoor dat hulle nie te klein is om hulle geestelike geskenke tot opbou van ander en tot eer van God uit te deel nie.

Danie Möller, Leraar van die NG Gemeente Helderberg, skryf oor Talente & Geestelike geskenkeTeoloë sukkel soms in die moeilike vaarwater van gawes en talente.  Aan die een kant is dit goed om te onderskei – aan die ander kant is gelowiges se talente en gawes eintlik beide in die eerste plek in diens van God en ons naaste. Beide kom van God af. Ongelowiges én gelowiges se talente kom van die lewende God af. Gelowiges kry die addisionele geestelike gawes waar God ons wil gebruik as instrumente. Dan is dit nie so belangrik om te weet of dit nou ’n talent of ’n gawe is nie. Die belangrikste vraag is: Wat doen ek daarmee? 

Hierdie publikasie kry dit reg om die begrippe “natuurlike talente” en “geestelike gawes (geskenke)”  te verduidelik, maar dit so toe te pas dat die klem bly val op die heerlike uitnodiging om ons talente en geskenke uit te deel tot voordeel van mekaar en tot eer van God.

Prys: R 330.00
Aantal:
Copyright MAXXmarketing GmbH
JoomShopping Download & Support
Top