Language / Taal

God se Extreme Makeover-plan (Produkkode: exa1)

God se Extreme Makeover-plan
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

7- tot 13-jariges leer by NEHEMIA hoe om aan God se geestelike huis te bou

God kom gee aan elkeen wat deur sonde stukkend gebreek is, ’n extreme makeover wanneer ons in sy Seun, Jesus, glo. Hy roep ons om sy herstelplan aan die wêreld bekend te maak en só sy koninkryk, sy geestelike huis op aarde, al groter en groter te bou. God rus ons toe met geestelike gereedskap om sy plan uit te voer. Ons leer by Nehemia hoe belangrik gebed, spanwerk en God se Woord is. Ons sien ook uit na die dag wanneer ons, soos in die Extreme Makeover-program op TV, as’t ware sal uitroep: “Bus driver, move that bus!” en God se volmaakte nuwe wêreld sal sien.

Bob die bouer is die karakter wat by elke geleentheid vir die kinders kom kuier. Bob maak die kinders telkens opgewonde met die sing van die liedjie, “Bob, the builder, can we fix it? Bob, the builder, yes we can!” Sit jou harde hoed op, want ONS GAAN BOU!

Nota: Maak solank leë kartonbokse van verskillende groottes bymekaar: Groot bokse waarmee ’n muur gebou kan word en kleiner bokse soos pap-, snesie- of skoenbokse vir aktiwiteite. Leë roomysbakke en botterbakkies waarmee kinders hul eie konstruksies kan bou, sal ook handig te pas kom. Versamel ook leë toiletrolletjies. 

Frans Hancke van DiePLAN skryf oor God se Extreme Makeover-plan

Op die voetspoor van Nehemia begelei Tania Schultz kinders om te ontdek dat God waarlik ʼn plan het. Meer nog, dat Hy met MY ’n plan het. Hierdie reeks van KidsXpress is veel meer as ’n leergeleentheid vir kinders; dit is ook ’n belewenisgeleentheid. Met die hulp van innoverende hulpmiddels word dit ’n opwindende ontdekkingstog vir kinders – die ontdekking dat God se Plan ’n Extreme Makeover-plan is. En wat meer is, God maak elkeen van ons ook deel van sy heelmaakplan, net soos Hy met Nehemia gedoen het.

DiePLAN is ʼn assosiasie van teoloë wat gemeentes inspireer en toerus om as missionale gemeentes hul rol en plek in God se heelmaakplan te ontdek en uit te leef. Materiaal wat gebruik word, is die resultaat van ʼn meesters- en doktorale studie aan die Universiteit Vrystaat. DiePLAN kan per epos gekontak word by frans@dieplan.org

Prys: R 330.00
Aantal:
Copyright MAXXmarketing GmbH
JoomShopping Download & Support
Top