Kwartaaltemas vir Kleuters

 

Die reeks bestaan uit:
♦  ‘n Handleiding met ses volledig uitgewerkte programme.
♦  ‘n CD met liedjies en geluide, Visuele hulpmiddels in swart en in kleur in pdf formaat.
♦  Reeks met werkboekies: Op pad met Jesus en Die kerk se groot werk
  Reekse waarvan die aktiwiteitsblaaie vanaf die CD uitgedruk kan word: ‘n Vrugtefees saam met die Heilige Gees en Jesus Help
 
Voorbeeldles
Jesus Help

 

‘n Vrugtefees saam met die Heilige Gees vir kleuters
3- tot 6-jariges leer om meer soos Jesus te wees
Outeurs:  Chrissie Kritzinger en Riana Andersen
Illustrasies: Magriet Brink

Hierdie baie gewilde tema is nou ook as kleuterreeks beskikbaar! Galasiërs 5:22-23 sê: “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”
Hoe verduidelik ‘n mens nou hierdie mondvol groot woorde en belangrike konsepte aan ‘n swetterjoel wriemelende kleintjies wat nog nie eens groot-skool toe gaan nie? Maklik!

Met ‘n waatlemoen en nog ‘n hele mandjie ander vrugte, met liedjies en bewegings en prentjies en pret. Met ‘n spesiale kuiergas, Appelliefie, wat saam met die kleinspan stadigaan die vrug van die Gees begin verstaan. En met die Heilige Gees as Helper om die Woord vir die belangrikstes in die koninkryk oop te sluit.

’n Vrugtefees saam met die Heilige Gees-handleiding en CD
R 315.00
  Jesus Help!
Kleuters ontmoet die genesende, reddende, wonderwerkende Jesus
Outeurs: Riana Andersen en Chrissie Kritzinger
Illustrasies: Magriet Brink

“Help! Help!” gil die wêreld, die mense al om my... Daarom dan hierdie reeks: Jesus Help vir kleuters. Saam leer ons oor die wêreld en mense in die Bybel wat in nood verkeer: honger, siekte, vrees en sonde, en sien dat hulle hulproepe nie op dowe ore val nie: Jesus, ons Redder, help graag!
Ses lesse uit die evangelies wat kleuters aan Jesus, die Redder, voorstel.
Werkblaaie vir aktiwiteite kan vanaf die CD uitgedruk word.

Jesus Help - Handleiding en CD
R 315.00


   Op pad met Jesus
Saam met BlinkBen
Outeurs: Riana Andersen en Chrissie Kritzinger
Illustrasies: Magriet Brink

BlinkBen is ’n oulike karretjie wat saam met die kinders op reis gaan. Sy doen en late – én soms streke – bied die aanbieder die geleentheid om geestelike waarhede aan die kleuters oor te dra.

Op pad met Jesus (plus 5 werkboekies)
R 315.00

Op pad met Jesus werkboekies
R 28.00

Op pad met Jesus werkboekies: 35 of meer
R 26.00


   Die kerk se Groot Werk
Klein mensies kan ’n groot verskil in die wêreld maak
Outeurs: Riana Andersen en Chrissie Kritzinger
Illustrasies: Magriet Brink

Deur hierdie ses lesse uit Handelinge sal die kleuters ontdek: Die kerk is nie net ’n gebou nie - Ek is die kerk. God gee vir sy kerk ’n groot werk (Markus 16:15) – Ek is nie te klein om vir God te werk nie.

Die Kerk se Groot Werk (plus 5 werkboekies)
R 315.00

Die Kerk se Groot Werk werkboekies
R 24.00

Die Kerk se Groot Werk werkboekies: 35 of meer
R 22.00





Language / Taal

Contact us

Werner and Tania Schultz
    
Address:
38 Drama Street
Somerset West
7130
South Africa

E-mail:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
    
Tel:
021 852 8645

Web:
http://kidsxpress.org

Office hours:
Mon-Fri: 08:00 - 13:00

Testimonials

Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
2015-09-25, 10:11
"I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God."
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
2014-06-20, 11:22
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
2014-06-20, 11:21
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
2014-06-20, 11:19
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Yolande Kruger
2013-11-03, 21:52
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.

Our Shop

Your cart is empty