Language / Taal

Groei, Groei, Groei (Handleiding + Hulpmiddel CD) (Product Code: gro1)

Groei, Groei, Groei 
Kyk hoe groei my liefde vir God groter en groter
Outeur: Chrissie Kritzinger
Illustrasies deur: Magriet Brink

Hierdie jaarreeks wil jong kinders toerus en inspireer om as kinders van God te lewe en die regte dinge te weet, kies en doen sodat hulle geestelik kan groei, groter en sterker, en sodat hulle blomme en vrugte kan dra wat hulle Here verheerlik.

In die eerste kwartaal leer ons meer oor die ingewikkelde en wonderlike werking van ons liggame, en hoe ons ook geestelik die regte kos moet eet, ons spiere moet oefen, ruggraat moet hê… Die tweede kwartaal maak ons ‘n draai in die diereryk, waar daar ook vele lesse te leer is oor hoe ‘n kind van God moet leef. Daarna kyk ons na die wêreld om ons: klippe en water, lug en weerpatrone, en besef: die hele aarde vertel ons van God! En leer ons meer oor hoe ons verhouding met Hom sterker kan word. En dan, as die jaar einde se kant toe staan, maak ons ‘n draai in die tuin: spit kompos in, dra water aan, snoei en baklei teen peste, en deel in die vreugde van blomme en vrugte. En deur dit alles, bid en glo ons, sal die kinders wat ons geestelik versorg voor ons dankbare oë groei, groei, groei!

Hettie Brittz skryf oor Groei, Groei, Groei:
Chrissie het ’n raar gawe om diep geestelike begrippe te gaan uitdelf en dan soos klaargeslypte diamante sommer saam met klei en kryte in vuil kinderhandjies neer te sit – sigbaar, voelbaar, skitterend. Haar materiaal is vol waarheid en werklikheid. Ek glo dat kinders en kinderwerkers weekliks hierna gaan uitsien, dat ouers wonderwerke in kinderhartjies gaan sien gebeur en dat grasgroen, welige geestelike groei hieruit gaan kom.

Price: R 260.00
Quantity:
Copyright MAXXmarketing GmbH
JoomShopping Download & Support
Top