Language / Taal

Eendag as ek groot is… (Handleiding + Hulpmiddel CD) (Product Code: een)

Eendag as ek groot is… 
Ons droom oor eendag, dink oor gister en DOEN vandag!

"Eendag as ek groot is gaan ek 'n olifant wees!" “Eendag as ek groot is gaan ek ‘n  mamma en 'n juffrou wees en op naweke kan my man na die kinders kyk, dan is ek 'n ruimtevaarder." Ja, kinders kan ure omdroom oor "eendag as ek groot is". In hierdie reeks droom ons saam met die kinders oor wat hulle eendag wil word. Ons droom bv. daaroor om ’n natuurbewaarder te word en ontmoet vir Adam, of ’n bouer en ontmoet vir Nehemia. Ons droom daaroor om koning of koningin te word en leer ken die skone Ester, almal karakters in die Bybel ken by wie ons soveel leer. Maar ons bring ook die drome en die verhale bymekaar om saam te dink oor wat elke kind VANDAG kan kies, kan doen, kan glo. En weet dat dit is hoe ons, saam met God, aan ’n blink toekoms bou.

Price: R 260.00
Quantity:
Copyright MAXXmarketing GmbH
JoomShopping Download & Support
Top