Language / Taal

Jy is Myne (Product Code: jim1)

Jy is Myne 
7- tot 13-jariges ervaar die fees van kind wees in God se huisgesin! 
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

In hierdie reeks hou ons met elke geleentheid ‘n “gesinsaand” (sonder Pa en Ma, alhoewel  hulle ook welkom is!) Ons speel bordspeletjies soos Scrabble, Slangetjies en leertjies, Pick-up sticks en meer (ons buig wel die reëls so ‘n bietjie), terwyl ons hoor dat God ons elkeen wil aanneem in sy huisgesin.

Ons luister na die verhaal van Moses wat deur die Egiptiese prinses aangeneem word en ons wonder saam met Nikodemus hoe ‘n ou man weer gebore kan word. Ons hoor die Rags to riches-verhaal van Mefiboset wat deur koning Dawid aangeneem word en juig saam met die pa toe die verlore seun huistoe kom. Ons hoor ook Jesus se belofte dat Hy ons nie as weeskinders sal agterlaat nie, maar weer kom om sy kinders te kom haal. Speletjies, saamsing, Bybelverhale, aktiwiteite en baie liefde laat elke kind ervaar hoe God vir hom/haar sê: “Jy is Myne.”

Dit is geweldig belangrik dat ons kinders moet grootword met die Bybel se verhale. Dit moet hulle manier van dink oor die wêreld vorm. Dit moet vir hulle ’n wêreld uitbeeld waarin niks sin maak sonder God nie, sodat hulle kan leer om so te kyk na die wêreld waarin ons elke dag leef. Dit moet hulle identiteit vorm: Wie is ek? Wie s’n is ek? Saam met wie is ek God s’n?

Dit is presies wat Tania Schultz met hierdie reeks doen en daarmee help sy die kerk oneindig baie. Boonop doen sy dit op ’n speelse manier en ons weet almal dat pret mense saambind. “The family that prays together stays together” kan aangevul word met “The family that plays together stays together!” Met aktiewe leerprosesse en sterk Bybelverhale word kinders geleer dat hulle deel vorm van ’n groot familie wat deur God bymekaargeroep is. Mag hierdie boodskap ingang vind in talle kinders se harte!
Dr Breda Ludik, Helderberg Gemeente, Somerset-Wes

Price: R 345.00
Quantity:
Copyright MAXXmarketing GmbH
JoomShopping Download & Support
Top