Language / Taal

Jesus sê: EK IS (Handleiding + Hulpmiddel CD) (Product Code: ek1)

Jesus sê: EK IS
’n Vakansie op die plaas leer my wie Jesus is
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Wanneer jy die Ek is-uitsprake in die evangelie van Johannes lees, sê woorde soos goeie herder, skape, brood, wingerdstok, boer, vrug, lewe… alles vir jou net een ding: PLAAS! Trek jou denim aan, bind ʼn bandana om jou nek en sit jou strooihoed op – ons gaan plaas toe! Fanie Voëlverskrikker se manewales sal kinders elke keer laat terugkom vir meer…

Annalise Wiid skryf: Vakansie op ’n skaap-, koring-, vark- en druiweplaas word op ’n heerlike, vindingryke manier ingespan om die kinders op ’n ontdekkingstog deur Jesus se EK IS-uitsprake te begelei. Die laaste verrassende “plaas” wat besoek word, is waarskynlik die belangrikste en troosvolste van die lot … Hierdie EK IS-reeks is ’n voortreflike gids op ’n opwindende en lewensbelangrike reis!

Price: R 300.00
Quantity:
Copyright MAXXmarketing GmbH
JoomShopping Download & Support
Top