Language / Taal

‘n Vrugtefees saam met die Heilige Gees vir kleuters (Product Code: vru1)

‘n Vrugtefees saam met die Heilige Gees vir kleuters
3- tot 6-jariges leer om meer soos Jesus te wees
Outeurs:  Chrissie Kritzinger en Riana Andersen
Illustrasies: Magriet Brink

Hierdie baie gewilde tema is nou ook as kleuterreeks beskikbaar! Galasiërs 5:22-23 sê: “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”
Hoe verduidelik ‘n mens nou hierdie mondvol groot woorde en belangrike konsepte aan ‘n swetterjoel wriemelende kleintjies wat nog nie eens groot-skool toe gaan nie? Maklik!

Met ‘n waatlemoen en nog ‘n hele mandjie ander vrugte, met liedjies en bewegings en prentjies en pret. Met ‘n spesiale kuiergas, Appelliefie, wat saam met die kleinspan stadigaan die vrug van die Gees begin verstaan. En met die Heilige Gees as Helper om die Woord vir die belangrikstes in die koninkryk oop te sluit.

Price: R 300.00
Quantity:
Copyright MAXXmarketing GmbH
JoomShopping Download & Support
Top