"Skep uitdrukkings van God se liefde wat indrukke op kinderlewens maak"
KidsXpress publiseer tematiese lesmateriaal en ander kinderbediening hulpbronne wat Bybelse waarhede aan kinders oordra. Die hulpbronne sluit in uitgewerkte programme, interaktiewe Bybelstudies, Bybellesse, hersieningspeletjies, liedjies, reproduseerbare hulpmiddels en aktiwiteitsblaaie.
Vir Engelse materiaal gaan na die PRODUCTS-ENG op die boonste menu.
Vir gebruik in
Kinderkerk, Kleuterkerk, Kleuterskool, Sondagskool, Jeugaksie, Selgroepe, Kampe
NUUT OP DIE RAK!
Connect - Gebalanseerde skermgebruik


Minette Krog en Antoinette Erasmus van die Kinderevangelisasieprojek in Somerset-Wes en outeurs van die KidsXpress-reeks, Connect, skryf :
Ons het onlangs ‘n kursus van 7 sessies uit Connect vir al die Gr. 6 en 7 leerders by Mondeor skool aangebied waardeur begeleiding gegee is vir die gebalanseerde gebruik van skermtegnologie volgens Christelike beginsels.
Dit is ‘n lekker relevante hulpmiddel vir ouers, onderwysers en kinderwerkers om kinders in die digitale era te begelei, om skermtegnologie so te gebruik, dat verhoudinge met God en ander eerste kom en sodat diepte kommunikasie nie skade lei nie. Hulle word uitgedaag om eerder kreatiewe en opbouende aktiwiteite op skerms te kies, as dinge wat bloot hul tyd opgebruik of hul aan negatiewe inhoud kan blootstel. Die sessies fokus daarop om op ‘n prettige manier die kinders op hulle vlak te begelei om te besef dat daar werklike konsekwensies is vir oorgebruik en verkeerde gebruik van dinge soos sosiale media, te veel “video games” en te veel ure voor skerms. Kinders word uitgedaag om skermtegnologie slegs op positiewe maniere te gebruik.
Dit was kosbaar om baie positiewe terugvoer vanaf die kinders en onderwysers te kon ontvang. Hier is ‘n paar van die kinders se woorde:
♦ It taught me to spend screen time wisely and was creative.
♦ It was interesting and explained how tech can be bad sometimes and can pull people apart. We have to use tech in good ways.
♦ I will now try to spend more time with God.
♦ It inspired me to connect more with my family and friends.
♦ I will do more talk and less tech.
♦ I will read the Bible and play outside more.
♦ I will try to stick to the “iceberg rules” and manage time better. It really helped me with my academics.
♦ I would like to know how to explain all this to my family.
♦ I think this information is necessary for all age children to be honest
Connect is slegs in Afrikaans beskikbaar.
Bestel HIER
Waardering
PrevNext
I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God.
Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.
Yolande Kruger