Imibali echaza ibali - The colours tell a story

Imibali echaza ibali  - The colours tell a story

’n Reeks waarin kleure gebruik word om die evangelie aan kleuters oor te dra.
Vertaal en aangepas uit die reeks Verkleurmannetjies deur Riana Andersen en Chrissie Kritzinger
Illustrasies deur Magriet Brink

Imibala echaza ibali bestaan uit:
  • • ’n Handleiding met 15 volledige programme. Elke program is in vyf weeksdae opgedeel. Dit is ideaal vir gebruik in ’n kleuterskool en kan ook as ‘n uurprogram by ’n weeklikse kleuterbyeenkoms aangebied word. Elke les is in Xhosa met die ooreenstemmende teks in Engels.
  • • Hulpmiddelhandleiding met pragtige oorspronklike prente
  • • CD met Xhosa en Engelse liedjies
  • • Gekleurde, gelamineerde kartonsimbole wat die evangelie-waarhede verteenwoordig
  • • Handskoen-hulpmiddel wat help om die temaliedjie aan te leer
  • • Template vir die kleuters se aktiwiteite



Wat opvoerders by die Umniqophiso pre-primêre skool in Lwandle, Strand, oor Imibala echaza ibali sê:

“We are very exited about the book because it makes everything clear and understandable. It helped us to have a better understanding of the message of the Bible, of what happened many years ago before and after Jesus was born.

The ideas are so useful because they integrate general things that are happening in our daily lives, so it’s easy for the children and teachers to use the book. It is written in a way that helps adults and children understand the Bible better.

Through this book our children have grown in knowing God and how the Bible teaches us how to live our lives. They learnt about how special they are to God and how to talk to God. The songs, rhymes, activities and games in the book helped them to grow in various skills and have improved their language.

The fact that the book is available in Xhosa is very good. Adults who do not understand English can now teach Xhosa speaking learners at school, in our churches and in groups in our communities about the importance of the Word of God.”

Om ’n Xhosa-pakket te borg wat dan teen ’n verlaagde koste aan ’n kleuterskool beskikbaar gemaak sal word, kontak KidsXpress by 021 8528645 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .



Imibali echaza ibali - pakket
R 350.00





Language / Taal

Kontak Ons

Werner en Tania Schultz
    
Adres:
Dramastraat 38
Somerset-Wes
7130
Suid-Afrika

E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    
Tel:
021 852 8645

Web:
http://kidsxpress.org

Kantoorure:
Maan-Vry: 08:00 - 13:00

Testimonials

Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
2015-09-25, 10:11
"I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God."
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
2014-06-20, 11:22
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
2014-06-20, 11:21
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
2014-06-20, 11:19
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Yolande Kruger
2013-11-03, 21:52
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.

Ons Winkel

Mandjie is leeg