Reeks oor Waardes

 
Wys jou Waardes

saam met Koning Kennis
deur Tania Schultz

Wyse woorde oor waardes uit die boek Spreuke om 7- tot 13-jariges te help om as God se kinders te lewe.

Vir gebruik tydens die kinderfokus in ’n erediens, saalopening, jeugaksie, sel- of omgeegroep.

Beskikbaar Januarie 2018


Meer oor Wys jou waardes
• 12 volledige lesse met inleidende speletjies, Bybelverhale, persoonlike toepassings en stories.
• Kan as ’n reeks of enkeltemas aangebied word.
• Geskik vir groot- of kleingroepe.
• Aanpasbaar vir aanbiedings tussen 10- en 30 minute.
• CD met volkleur-plakkate en PowerPoint-skyfies.
• Reproduseerbare werkkaarte.

Terugvoer oor Wys jou waardes
Spreuke in kindertaal – dit is voorwaar ‘n deurbraak. Hier word elf van die belangrikste waardes of dissiplines in Spreuke in die kind se hart neergesit om sodoende hul hele menswees in ‘n bepaalde rigting te stuur. Om oor reëls, dissiplines en waardes te praat sodat hulle nie verveeld raak en daar sit met ‘n houding van “Ag, hier kom dit al weer” nie, is ‘n Goddelike gawe. Tania slaag met Wys jou waardes daarin om op ‘n vars manier gewone, ou waarhede aan te spreek, op so ‘n wyse dat kinders met nuwe oë daarna kyk en met nuwe ore daarna luister. Die temas word prettig, prakties, lewensvatbaar en maklik toepasbaar aangebied met ‘n duidelike reguit boodskap.
Ds. Bekker Nieuwoudt, Strooidakkerk, Paarl

Frederick Douglas het gesê: “It’s easier to build strong children, than to repair broken men.” Wys jou waardes is so reg in die kraal van die basis van Christelike onderrig, opvoedkundige stimulasie, die onderbou wat ons kinders nodig het en dit gebeur alles so speel-speel, maar ongelooflik doelgerig. Die kinders gaan besig wees om aan ’n waardesisteem te bou, sonder dat dit voel of hulle op die skoolbanke sit. Die materiaal is prettig en verhoudingsgerig en skep ruimte vir die kinders van jonk tot oud om gestimuleer te word om vrae te vra en elke waarde hulle eie te maak. Die reeks gaan daagliks deel wees met my doen en late met my eie kinders, kinders op skoolvlak en by die kerk. Dankie KidsXpress dat julle my hande sterk maak en my bemagtig om met die reeks werklik ‘n verskil te maak in my eie en in ander mense se kinders se lewens. Julle maak dit lekker om kinders op alle vlakke te bedien!
Ds. Santie Nel, NGK Kimberley-Harmonie

KidsXpress se nuwe Wys jou waardes-reeks is weereens ’n wenner-lesreeks propvol Woord-waarhede waaroor elke kinderwerker beslis baie opgewonde kan wees. Die lesse is so geskryf dat dit lekker aangepas kan word volgens die behoefte en beskikbare tyd vir verskillende situasies en is daarom ’n ideale geskenk vir enige kinderwerker, onderwyser, kinderkerk aanbieder of bv. predikant wat ’n kindermoment wil inbring tydens die erediens. Die kinders sal beslis die praktiese toepassings en kreatiewe speletjies wat ervaringsleer bevorder, baie geniet. My gebed is dat baie kinders deur hierdie lesreeks bereik sal kan word en so kan leer om daardie waardes te wys wat werklik belangrik is volgens dit wat God se Woord vir ons leer.
Minette Krog
Kinderevangelisasie projekkoördineerder: Helderberg Uitreik

Waardes moet van kleins af vir kinders geleer word sodat hulle dit vir die res van hulle lewens kan saamdra. Met die Wys jou waardes-reeks kan ouers, opvoeders en jeugleiers noodsaaklike waardes op ’n prettige manier aan kinders verduidelik. Dit is ’n praktiese gids propvol idees oor hoe om waardes deel te maak van kinders se leefwêreld. Die gids is maklik verstaanbaar en die ideale wyse om kinders ook vertroud te maak met die Bybel.
Anda Theunissen, Adjunkhoof: Laerskool Hendrik Louw, Strand

Wys jou Waardes
R 175.00


 



Language / Taal

Kontak Ons

Werner en Tania Schultz
    
Adres:
Dramastraat 38
Somerset-Wes
7130
Suid-Afrika

E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    
Tel:
021 852 8645

Web:
http://kidsxpress.org

Kantoorure:
Maan-Vry: 08:00 - 13:00

Testimonials

Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
2015-09-25, 10:11
"I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God."
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
2014-06-20, 11:22
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
2014-06-20, 11:21
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
2014-06-20, 11:19
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Yolande Kruger
2013-11-03, 21:52
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.

Ons Winkel

Mandjie is leeg