Tuisgebruik in Gesinne

Voorbeeldles
Kersfees is ‘n Jesusfees

My Goeie Nuus Inkleurboek
God se goeie nuus is vir almal!
Deur Tania Schultz
Illustrasies deur Magriet Brink

My Goeie Nuus Inkleurboek deel die evangelie in eenvoudige taal met 4- tot 8-jariges (of enigeen wat graag inkleur!) Die prente het eenvoudige, skoon lyne wat gemaklik deur klein handjies ingekleur kan word.

 

















My Goeie Nuus Inkleurboek
is

•  ideaal vir gemeentes en ander kinderbedieninge as ’n bekostigbare einde-van-die-jaar-geskenk vir kleuters en Graad 1-3’s of as verjaarsdaggeskenk regdeur die jaar.

•  die ideale beloning om kinders te motiveer om byeenkomste gereeld by te woon.

•  ideaal vir tuisgebruik om kinders gedurende die vakansie sinvol besig te hou.

•  die ideale Kers- of verjaarsdaggeskenk vir maatjies, niggies en nefies of kleinkinders. Voeg ’n pakkie potlode by en jy het ’n wenner!

•  Betekenisvol, aangesien dit inkleur met ’n geestelike boodskap is.


My Goeie Nuus Inkleurboek
R 30.00

My Goeie Nuus Inkleurboek (10 of meer)
R 25.00


Memoires van ’n ma
Deur Tania Schultz

Oor eie kinders, miskraamkinders, aanneemkinders, liefhê-en-laat-gaan-kinders – God se kinders

Oor Memoires van ’n ma

Lizette Murray, skrywer en joernalis vir Lééf, skryf:

Memoires van ’n ma
is ’n aangrypende boek. Dit is méér as net memoires. Dis die verhaal van ’n besondere ma wie se liefde vir kinders verder as haar eie kinders kring. Dis ’n verhaal van God se liefde en gehoorsaamheid aan ’n spesifieke opdrag: “Laat die kindertjies na My toe kom!”

Tania Schultz skryf openhartig van haar smagting na nog ’n kindjie toe sy die 40-mylpaal bereik. Die leser word ingetrek in haar verhaal van verlies wat uiteindelik uitloop op ’n nuwe pad van vreugde, liefde en hoop – nie net vir haar en haar gesin nie, maar ook vir babas wat liefde en ’n tydelike tuiste nodig het.

Memoires van ’n ma
is ’n boek vir almal. Dit handel ten diepste oor saamstap met God en om sy roeping en opdrag vir jou lewe duidelik te hoor en dan te gehoorsaam.

Annalise Wiid, sanger en skrywer, rubriekskrywer vir LiG, skryf:

Terwyl ek Tania se Memoires van ’n ma lees, ruik ek die babapoeier. Ek hoor tevrede kreuntjies. Ek sien fyn gevormde vingertjies en voetjies roer. Eindelose bottels en doeke en deur-die-slaap se middelnagvoedings. En ek sien hoe waagmoed en lewensin geboorte gee aan vervulling en verwondering. Maar wat my die meeste gryp, is die koestering. Want in Memoires van ’n ma, lees mens van die soort koestering wat die pyn van verlatenheid en magteloosheid en desperate hartseer deurbreek en versag – ou pyn, vars pyn en selfs toekomstige pyn.
Koestering. Kan een mens vir ’n ander enigiets mooier gee?

Meer terugvoer oor Memoires van ’n ma

Hierdie boek is ’n pragtige, eerlike en sensitiewe weergawe van Tania se hart-storie. ’n Storie wat sekerlik gedeel word deur alle ma’s wat weet wat dit is om op te offer, om te gee, aan te gee en oor te gee!
- Lizelle Steenkamp, Pretoria

Tania vertel met soveel deernis van haar lewensreis met pienkvoetjies, haar eie en geleendes, dat jy die boek nie vir ’n oomblik wil neersit nie. Mag hierdie memoires, so eg uit ’n ma se hart, ander ma’s, wil-wees-maar-kan-nie-ma’s, kanga-ma’s en aanneem-ma’s, se harte aanraak en oopmaak vir die wete dat God in beheer bly van ons lewens, al ken ons nie die kronkelpaaie nie. Hy los ons hand nie een oomblik nie!
– Santie Nel, Kimberley

Op ’n reënerige dag in Pretoria maak ek die boek oop met die idee dat ek net so ’n stukkie sal lees. Ek was immers lus vir ’n koppie tee. Maar ek kon nie ophou lees nie, nie voor ek die boek heeltemal deurgelees het nie. Hierdie boek wat so lekker maklik lees en diep in jou hart die lag en huil van jou siel se stemvurk roer, kan nie neergesit word nie. Ek glo dat elke “wanna-be” ma, elke super-ma en elke gesoute ouma met die lekkerleesstorie sal identifiseer en die boek sal aangee van vriendin tot vriendin.
– Marisa de Lange, Pretoria

Die boek is ’n klein juweeltjie!
– Thea Brink, Kleinmond

Memoires van ’n ma is ’n boek om aan te gee van vriendin tot vriendin.

Memoirs van n ma
R 95.00



 
Kersfees is ‘n Jesusfees (Tydelik uit druk)
‘n Gids wat gesinne help om betekenisvol saam fees te vier
Outeur: Chrissie Kritzinger

Hiedie boek is geskryf met die hoop dat 'n nuwe tradisie van betekenisvolle Kersfees rituele in gesinne sal posvat – saamdoen-dinge wat die volgende geslag kinders ook in die kerstyd sal laat vra: gaan ons weer soos altyd elke aand saam die huis versier en oor Jesus praat?

Hierdie unieke en interaktiewe boek met sy 14 lesse is geskik vir gesinne, uitgebreide families wat saam vakansie hou, of vriende en omgeegroepe wat dit saam wil aanpak. Dit kan selfs suksesvol benut word as deel van 'n vakansieprogram vir die kinders van die buurt of kerk. Hoewel die belangrikste elemente die saamgesels, bid en sing is, sal die handaktiwiteite baie waardevol wees om die boodskap te herhaal, en boonop die jongspan heeldag besig hou!

Bonus:
Cd met nuwe liedjies saam met ou bekende kersliedere om die stemming te skep.  Die CD bevat ook instruksies met fotos wat verduidelik hoe om die handaktiwiteite te doen.


  Melino Mier
Sit jou bril op, trek jou tekkies aan … en kom skarrel saam!
Outeurs: Rozanne Visagie en Jeanette Morton
Illustrasies: Magriet Brink

Ouers en kinders ontdek saam hoe wonderlik God is en hoe wonderlik mooi en slim Hy alles in ons wêreld gemaak het. Kleingoed sal met groot plesier hulle sonbrille opsit, hulle tekkies aantrek en ons wonderlike wêreld saam met Melino Mier leer ken. In hierdie vrolike boekie word kinders, eers wanneer hulle ma of pa dit voorlees en later wanneer hulle dit self kan lees, gelei om raak te sien hoe ongelooflik God die wêreld gemaak het. In eenvoudige taal word fassinerende feite omtrent die natuur en verskillende soorte diere vertel, sodat kleintjies sommer baie slimmer sal wees as hulle die boekie deurgewerk het.

Vir 5- tot 8-jariges
Bonus:
25 inkleuraktiwiteite
CD met storie-voorlesings en liedjies

Melino Mier skarrel deur die skepping
R 77.00







Language / Taal

Contact us

Werner and Tania Schultz
    
Address:
38 Drama Street
Somerset West
7130
South Africa

E-mail:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
    
Tel:
021 852 8645

Web:
http://kidsxpress.org

Office hours:
Mon-Fri: 08:00 - 13:00

Testimonials

Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
2015-09-25, 10:11
"I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God."
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
2014-06-20, 11:22
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
2014-06-20, 11:21
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
2014-06-20, 11:19
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Yolande Kruger
2013-11-03, 21:52
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.

Our Shop

Your cart is empty