Reekse vir Tieners

 

Ware Noord
‘n Reeks om Jongmense te help om te weet WAT hulle glo en WAAROM hulle glo
Outeur: Renier du Plessis

Retief Burger skryf oor Ware Noord:

In ’n era waar jongmense konstant gebombardeer word met kwelvrae oor God se bestaan en die postmoderne samelewing ons jeug in allerhande onsekere rigtings indwing, moet die kerk die waarheid oor God duidelik en prakties uitbasuin! Ware Noord is ’n suiwer stem wat bo die geraas van ateïsme uitstyg. Dit is ’n uitstekende hulpmiddel vir kerke, jeuggroepe en skole wat op geselstrant die Waarheid in tiener-harte vasmaak. Met praktiese groepbesprekings en relevante Skrifgebruik maak hierdie boek ’n groot impak op die gebied van die apologetiek. Met die lees hiervan is ek opnuut gemotiveer om my geloof met ander te deel en logiese antwoorde op moeilike vrae aan ’n twyfelende, verlore wêreld te gee.

Die boek se vertrekpunt is die avontuurlike verhaal van Jonathan Hunter, ’n sewentienjarige seun wat die geleentheid kry om vir drie weke lank op sy oom se manjifieke seilskip Glory te reis. Die verhaal speel af in die jaar 1775.

Op die reis ontmoet Jonathan, ’n opregte maar naïewe Christen-tiener, mense wat radikaal anders dink oor die lewe as hy. Die jongmense deel dan in sy stryd om antwoorde te kry op al die moeilike vrae waarmee hy op sy avonture gekonfronteer word.

Ware Noord bevat ses byeenkomste vir 13- tot 16-jariges en sluit ‘n CD met ‘n PowerPoint-aanbieding en reproduseerbare uitdeelstuk vir elke les in. Dit is geskik vir aanbieding in groot- en kleingroepe.

Ware Noord (Handleiding en CD)
R 275.00


JAarboek
Tieners kies om saam met die leerders van Hoërskool Redell JA te sê vir die lewe!

Deur Karin Theron, Magriet Smit en Sulet van der Bergh


KLIEK HIER OM 'N VOORBEELD VAN DIE LES TE SIEN

KidsXpress is baie opgewonde oor ons eerste reeks vir tieners tussen die ouderdomme 13-16 jaar, JAarboek, vir gebruik in kleingroepe in gemeentes, skole en gemeenskapsuitreike.

JAarboek-pakket bestaan uit:

1.  ’n E-boek propvol stories wat tieners op hulle selfone aflaai om weekliks ‘n hoofstuk te lees. In dié stories stel die outeurs tieners voor aan die doen en late van Amanda en haar maats, ‘n groepie leerders van Hoërskool Redell.

2.  ’n Handleiding met 26 byeenkomste wat groepleiers sal help om ‘n weeklikse groepsessie aan die hand van die stories te fassiliteer.


Deur JAarboek skep ons ’n veilige omgewing waarbinne daar aan jongmense in ’n groep ruimte gegee word om oor belangrike keuses in hul leefwêreld te praat. Deurdat die karakters van Hoërskool Redell bespreek word, hoef die jongmense nie hulself of hul maats bloot te stel wanneer hulle oor ‘issues’, soos boelies, stres, die liefde en seerkry praat nie. Hulle kan hul eie ervarings verplaas na die karakters in JAarboek.

So werk dit:

1.  Bestel die JAarboek-pakket vir elke kleingroep in die gemeente/skool/organisasie. Indien daar byvoorbeeld vier tienergroepe in die gemeente is word daar vier JAarboek-pakkette bestel.   

2.  Met die aankoop van die JAarboek-pakkette verkry tieners toegang om die e-boek af te laai vanaf die KidsXpress webblad (slegs die normale koste verbonde aan die aflaai van data wat deur die internetverskaffer bepaal word, geld.)

3.  Tydens die eerste groepsbyeenkoms deel groepleiers die e-boek skakel met die tieners wat dit dan direk op hulle selfone aflaai. Volledige instruksies vir die aflaai van die e-boek word in die handleiding gegee.

Om 'n JAarboek verbintenisvorm af te laai, kliek HIER.



JAarboek pakket (handleiding en e-boek)
R 400.00





Language / Taal

Kontak Ons

Werner en Tania Schultz
    
Adres:
Dramastraat 38
Somerset-Wes
7130
Suid-Afrika

E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    
Tel:
021 852 8645

Web:
http://kidsxpress.org

Kantoorure:
Maan-Vry: 08:00 - 13:00

Testimonials

Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
2015-09-25, 10:11
"I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God."
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
2014-06-20, 11:22
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
2014-06-20, 11:21
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
2014-06-20, 11:19
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Yolande Kruger
2013-11-03, 21:52
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.

Ons Winkel

Mandjie is leeg