Language / Taal

 

Elke reeks bestaan uit:
♦  Handleiding met sestien volledig uitgewerkte programme
♦  Hulpmiddelhandleiding met reproduseerbare hulpmiddels & werkkaarte.
♦  Saamsing CD met vyftien liedjies.

Voorbeeldles
Verkleurmannetjies


Wikkelwurms
Peuters ontdek hoe wonderlik God hulle lyfies en die wêreld rondom hulle gemaak het Outeurs: Riana Andersen en Chrissie Kritzinger
Illustrasies: Magriet Brink
Ouderdomsgroep: 2-3 jaar "Twee ogies om God se werk te sien, twee handjies om die Heer te dien, twee oortjies om sy Woord op te vang, twee lippies wat Hom loof met sang, twee voetjies wat sy pad betree en een lewe om aan Hom te gee.” 2- tot 3-jariges ontdek hoe wonderlik God hulle lyfies en die wêreld rondom hulle gemaak het. Deur heerlike bak-en-brou-aktiwiteite word al die sintuie van die kleintjies betrek.

 
R 350.00
Peuters ontdek hoe wonderlik God hulle lyfies en die wêreld rondom hulle gemaak het

Wikkelwurm-handpop
Hierdie kleurvolle karakter, Wikkelwurm, is mede-aanbieder in die reeks, Wikkelwurms, vir 2-3 jarige peuters.  (elke Wikkelwurm is uniek – kleur en styl mag verskil.) Kliek hier vir meer inligting van die Wikkelwurm-handpop en ander praktiese hulpmiddels.

Dapper Stappers
Klein mensies leer Bybelkarakters al stappende!
Outeur: Riana Andersen en Chrissie Kritzinger
Illustrasies: Magriet Brink en Liesel Bekker
Ouderdomsgroep: 3-4 jaar Kleuters ontmoet Bybelkarakters soos Moses, Josef, Elia en Jona. Saam met die karakters leer hulle meer van God, hulleself en die wêreld waarin hulle begin grootword. Die aanbiedinge is baie verhalend met baie aktiwiteite om die klein mensies te help om 'n lewende belangstelling in God se Woord te ontwikkel. Visuele hulpmiddels en instruksies vir 'n Bybelboks waarin verhale uitgebeeld word, is ingesluit.

 
R 350.00
Klein mensies leer Bybelkarakters al stappende!

Verkleurmannetjies
Die Evangelie word dmv kleure aan die kleuters oorgedra!
Outeur: Riana Anderson en Chrissie Kritzinger
Illustrasies deur Liesel Bekker
Ouderdomsgroep: 4-5 jaar Teen die einde van die jaar behoort die kleuters die basiese waarhede van die evangelie goed te begryp. Die lesse is só geskryf dat die ontwikkelingsvlakke van kleuters in ag geneem word. Hulle leer hoofsaaklik deur middel van hulle sintuie, kan nie vir lang tye stilsit nie en neem graag aan aktiwiteite deel. Die reeks is vir 4- tot 5-jarige kleuters geskryf, maar kan met sukses vir sowel ouer kleuters gebruik word.

 
R 350.00
Die Evangelie word dmv kleure aan die kleuters oorgedra!

Groei-goggas
Kleuters leer God en die Bybel ken en liefkry
Outeur: Riana Andersen en Chrissie Kritzinger
Illustrasies: Magriet Brink
Ouderdomsgroep: 3-4 jaar Groei-goggas begin met 'n oorsig van die evangelie d.m.v. kleure. Die laaste kleur is groen wat oor geestelike groei handel en waarop Groei-goggas fokus. Kleuters speel-speel tot in die wêreld van die Bybel en maak kennis met Bybelse kos, klere en gewoontes. Hulle ontdek dat die Bybel 'n skatkis vol kosbare skatte spesiaal vir hulle is. Hulle leer dat God altyd antwoord as ons bid. Teen die einde van die reeks van sestien lesse behoort kleuters die basiese beginsels van geestelike groei nl. gebed, Bybellees, getuig, sondebelydenis en saamwees as kleuters van God te begryp en uit te leef. Die reeks is vir 5- tot 6-jarige kleuters geskryf, maar kan met sukses vir ouer kinders gebruik word.

 
R 350.00
Kleuters leer God en die Bybel ken en liefkry

Top