Jaartemas vir Kinders Gr 4-6

’n Handleiding vir die aanbieder en werkboekies vir kinders en bevat:
♦  24 uitgewerkte programme van 30 tot 45 minute met speletjies
♦  saamgesels-Bybelstudies en visuele hulpmiddels

 

Voorbeeldlesse
In die Kollig
Survivor Israel (Afr)

In die Kollig
’n Oorsigreeks vanaf Genesis tot 2 Samuel
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink



Kry ‘n kykie agter die skerms en voor die kameras om die geheelprentjie van die Ou Testament, vanaf Genesis tot 2 Samuel, te ontdek. Ons Bybelfliek gaan die kollig laat val op ’n ware verhaal waar God die hoofkarakter is.

In die kollig (plus CD en 5 werkboekies)
R 295.00

In die kollig werkboekies
R 26.00

In die kollig werkboekies: 35 en meer
R 24.00
 

Survivor Israel
Oorsigreeks vanaf 1 Konings tot Maleagi
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Rugstekery, verbreekte alliansies, leuens en Immunity Idols! Wat kan ons vir kinders uit God se Woord leer met Survivor as tema? Ek het self my bedenkinge gehad, maar het gou met die lees van die boeke 1 en 2 Konings, 1 en 2 Kronieke, wat die basis van hierdie reeks vorm, besef dat dit die ideale tema is!  Die twaalf stamme van die Vereenigde Ryk, die skeuring van die Ryk tussen Juda en Israel as gevolg van afgodediens en die daaropvolgende ballingskap na Babel (Exile Island) is genoeg om die hedengaagse Survivor-deelnemers ’n ding of twee te wys! Hierdie val-en-opstaan verhale van die volk van God is by uitstek ’n geval van Survivor: Heroes vs Villians. Tussen die lang lys ongehoorsame konings van Israel en Juda vind ons helde soos konings Dawid, Josafat, Joas en Hiskia wat deur hul gehoorsaamheid aan die Here kies om ’n skoon, eerlike spel te speel. Ons hoor van die alliansie tussen die profeet Natan en koning Dawid se vrou, Batseba. Ons sien hoe die profeet Elia homself moedeloos onder die besembos op Exile Island, waarheen hy homself gestuur het, bevind en hoor van Jona se stryd om oorlewing op pad na Nineve. Ons leer God ken as dié God wat sy volk se oortredinge oordeel, maar deur sy liefde en genade ’n groepie laat oorbly uit wie die Ultimate Sole Survivor, Jesus Christus, later gebore word.

Tesame met In die Kollig, die voorloper tot Survivor Israel ontdek ons in 39 Bybelboeke meer intriges, uitdagings en oorwinnings as wat al die Survivor-deelnemers in 39 dae kan beleef!  

Survivor Israel is ‘n reeks waarin 9- tot 13-jariges die verhaal van die Ou Testament, vanaf 1 Konings tot Maleagi, ontdek en uitgedaag word om Soul Survivors in God se koninkryk te wees.

Welkom by Survivor Israel: Oortree, Oordeel, Oorleef!

Survivor Israel (plus CD en 5 werkboekies)
R 295.00

Survivor Israel werkboekies
R 26.00

Survivor Israel werkboekies: 35 en meer
R 24.00


 

God se Boek van Wêreldrekords
Wonderwerke en ander WOW-gebeure uit die Woord
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Hierdie reeks is propvol verstommende feite en verhale oor rekords in die natuur, die mens en die wêreld rondom ons wat die kinders in jou groep se oë sal laat rek! ’n Opwindende, kreatiewe benadering om die WOW-wonders uit die Woord by kinders tuis te bring en hulle te laat ontdek:
God is die wêreld se voorste rekordhouer!

Wêreldrekords (plus 5 werkboekies)
R 255.00

Wêreldrekords werkboekies
R 26.00

Wêreldrekords werkboekies: 35 of meer
R 24.00


 


My Blink ID
Saamdoen idees oor wie ek in Jesus is
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

24 Blink Idees om kinders te help om hul identiteit in Jesus te ontdek en uit te leef. Speel dit los met 'n speletjie wat raakpunte het met die tema van die dag. Praat dit uit in die saamgesels Bybelstudie. Knoop dit vas in die ID-boekie propvol aktiwiteite en Bid dit deur. 'n Blink Idee om te gebruik met kinders in kleingroepe by Jeugaksie, skole, kampe en omgeegroep byeenkomste.

My Blink ID (plus 5 werkboekies)
R 255.00

My Blink ID werkboekies
R 26.00

My Blink ID werkboekies: 35 of meer
R 24.00


 


Amazing race@kruis
Jou amazing race begin by die kruis
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Sak neer in die wegspringblokke en begin 'n amazing race met hierdie 24 aksie-belaaide lesse van 30 minute elk wat kinders aanmoedig om voluit aan die Christenwedloop deel te neem. Uitstekend vir gebruik inkleingroepe by skole, Jeugaksie, omgee-groepe en kampe. Op jou merke... gereed... gaan... met speletjies, saamgesels Bybelstudie, visuele hulpmiddels en 'n logboekie vol prettige aktiwiteite.

Amazing Race (plus 5 werkboekies)
R 255.00

Amazing Race werkboekies
R 26.00

Amazing Race werkboekies: 35 of meer
R 24.00





Language / Taal

Kontak Ons

Werner en Tania Schultz
    
Adres:
Dramastraat 38
Somerset-Wes
7130
Suid-Afrika

E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    
Tel:
021 852 8645

Web:
http://kidsxpress.org

Kantoorure:
Maan-Vry: 08:00 - 13:00

Testimonials

Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
2015-09-25, 10:11
"I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God."
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
2014-06-20, 11:22
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
2014-06-20, 11:21
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
2014-06-20, 11:19
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Yolande Kruger
2013-11-03, 21:52
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.

Ons Winkel

Mandjie is leeg