Enkellesse en Feestemas

KidsXpress se feestemas word op CD uitgegee en bevat die volgende:
•  Liturgiese voorstelle vir ‘n gesinsdiens en kinderdiens
•  Volledige boodskap, memoriseervers, hersieningspeletjie en handaktiwiteit in PDF-formaat
•  Volkleur sowel as swart en wit visuele hulpmiddels
•  Temalied of voorgestelde liedere
•  PowerPoint-aanbieding

---- Hierdie materiaal kan op CD voorsien word OF kan elektronies versend word. ----

 








Kersfees-hande
Hande wat help en heelmaak

Ons gebruik ons hande daagliks vir allerhande dinge. Soms gebruik ons hulle om te help en heel te maak en soms om stukkend en seer te maak. In Kersfees-hande kyk ons na die rol wat verskillende mense se hande tydens die geboorte van Jesus gespeel het. Die gehoor word uitgedaag om God toe te laat om hul hande tydens Kersfees te gebruik om te help en heel te maak. Die boodskap leen hom daartoe om die vorm van ‘n Kersspel aan te neem. Daar is dus ruim geleentheid om heelwat kinders by die aanbieding te betrek.

Kersfees-hande (op CD)
R 160.00

Kersfees-hande (elektronies versend)
R 160.00



Paasfees-hande
Hande wat sorg en seën

In Paasfees-hande kyk ons na die rol wat verskillende mense se hande tydens Jesus se krusiging gespeel het. Die gehoor word uitgedaag om God toe te laat om hul hande tydens Paasfees te gebruik om te sorg en te seën. Die boodskap neem die vorm aan van Wys en vertel. Soos wat die vertelling plaasvind word voorwerpe gewys om die verhaal visueel voor te stel.

Paasfees-hande (op CD)
R 160.00

Paasfees-hande (elektronies versend)
R 160.00



Kersfees- en Paasfees-hande combo (op CD)
R 300.00

Kersfees- en Paasfees-hande combo (elektronies versend)
R 300.00



Ds Faani Engelbrecht, leraar by NG Goodwood skryf: Vir die afgelope paar jaar al is KidsXpress die eerste plek waarheen ek gaan wanneer ek enige nuwe materiaal soek vir ons kinderbediening. En soos altyd, staan die materiaal van Kersfees- en Paasfees-hande nie net op stewige teologiese voete nie, dit is propvol praktiese wenke en kraakvars, nuwe idees vir lekker-doen-dinge wat die leerproses vir almal lekkerder en makliker maak.

Ek is ’n groot voorstander van intergenerasionele eredienste – eredienste waar daar binne een ruimte plek gemaak word vir jonk en oud – waar kinders nie net bedien word nie, maar geleentheid kry om te bedien én om deel van die totale bediening van die gemeente te wees. KidsXpress verstaan dit en Kersfees- en Paasfees-hande is nie hiervan ’n uitsondering nie. Hier is voorstelle vir ’n erediens-feesdiens, sowel as aktiwiteite vir ’n kleingroepbyeenkoms daarnaas.

Met hierdie produk gaan jý nie kan wag vir die Kers- en/of Paas-seisoen nie! En die kinders en gesinne gaan nooit hierdie ‘hands-on’ boodskap vergeet nie.

Jesusfees-CD
’n CD met agt nuwe en ou bekende Kersliedere met PowerPoint wat saam met enige van KidsXpress se Kersboodskappe tydens ’n kinder- of familiediens gebruik kan word.

Jesusfees CD
R 65.00
God se Top Tien
Reëls wat ons help om God en mense lief te hê.
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Wat ’n blye dag wanneer ons besef dat die Tien Gebooie nie reëls is waarmee God ons wil straf nie, maar wil versorg; dat ons hierdie reëls nie gehoorsaam om gered te word nie, maar omdat ons gered is! In hierdie aanbieding oor die Tien Gebooie wil ons kinders laat ontdek dat God se reëls daar is vir ons eie veiligheid. Slegs wanneer ons ons liefde teenoor God en ons naaste uitleef, lééf ons werklik en is ons vry.

Ds. Santie Nel, leraar NG Harmonie, Kimberley, skryf: Terwyl ek deur God se Top Tien gelees het, het dit my opgeval dat daar ‘n besondere fokus op ’n verhouding met God is. Die skrywer help ons om met nuwe oë na God te kyk en Hom te sien nie as heerser wat ons wil regeer nie, maar as ons hemelse Pa wat ons met sy liefde wil omvou en ons wil beskerm van seerkry en swaar in die lewe. Ons ontdek hoe ons ons kinders kan help om God op ‘n nuwe manier te leer ken. Hier is weer eens ‘n unieke en kosbare reeks, soos talle ander van KidsXpress se reekse.
Volledige programme vir drie opsies ingesluit.

Opsie 1
Een aanbieding van 60 minute in ’n Kinderkerkopset met ’n groot-/kleingroep verdeling.
Opsie 2
Twee aanbiedings van 60 minute elk in ’n Kinderkerkopset met ’n groot-/kleingroep verdeling.
Opsie 3
Ses aanbiedings van 20 minute elk oor ses weke as deel van ’n weeklikse Kinderkerk-liturgie: 10 minute in die grootgroep en 10 minute in die kleingroepe. Gebruik saam met enige kwartaaltema.

God se Top Tien (op CD)
R 145.00

OF

God se Top Tien (elektronies versend)
R 145.00

Volg Jesus! (Paasboodskap)
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Paasfees is die ideale geleentheid om kinders te help om op Jesus te fokus en hulle uit te daag om Jesus daagliks te volg. In Volg Jesus! stap ons die pad saam met Maria Magdalena soos sy Jesus uit dankbaarheid volg – tot by kruis en die graf. Ons word uitgedaag deur die toewyding en dapperheid waarmee sy Jesus volg, self na sy dood en sien haar hardloop wanneer sy in gehoorsaamheid Jesus se opdrag volg om te gaan vertel.


Volg Jesus! (op CD)
R 145.00

OF

Volg Jesus! (Elektronies versend)
R 145.00


Paasfees is Onthou-fees
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Paasfees is dié belangrikste fees vir ons as Christene. Ongelukkig spandeer families en veral kinders baie meer tyd en aandag aan Kersfees. Paasfees is Onthoufees help om die belangrikheid van Paasfees vir kinders te verduidelik. Daar word baie moeite en aandag geskenk om die historiese lyn vanaf die eerste Paasfees in Eks 12 tot die sterwe van Jesus, die ware Paaslam, uit te beeld. Kinders wat hierdie les beleef, sal besef dat Paasfees ’n onthoufees is. En as ’n mens iets onthou, verander dit jou totale lewe.

Paasfees is Onthou-fees
R 145.00

OF

Paasfees is Onthou-fees (Elektronies versend)
R 145.00


‘n Koning is gebore!
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Kom ons verruil hierdie jaar die tradisionele rooi en groen Kersversierings vir wit en sagte baba-blou! Ons los die goue balle en klokkies in die kas en hang vlaggies met teddiebeer-motiewe aan die plafon. In plaas van vrugtekoek smul ons aan skuimpies en malva-lekkers met gesiggies op. Want sien, ‘n koninklike babatjie is gebore en ons moet dit vier! In hierdie boodskap kuier ons by die Britse koninklike paleis en deel in hulle opgewondenheid oor die koms van ‘n klein prinsie wat die wêreld aan die gons het. Ons besoek ook die krippie in ‘n nederige stal in Betlehem en loer in by koning Herodus se paleis en ontdek hoe verskillend dié twee koninklike babas in hierdie wêreld verwelkom is.
Die boodskap is geskik om ook as Kersopvoering gebruik te word deurdat die geboorteverhaal gedramatiseer kan word soos die vertelling plaasvind. Ingesluit as temalied, ‘n Koning is gebore.

n Koning is gebore!
R 145.00

OF

n Koning is gebore! (Elektronies versend)
R 145.00


  ’n Partytjie wat by Jesus pas
Outeur: Chrissie Kritzinger  
Illustrasies: Magriet Brink

Is dit nie wonderlik dat die Kerstyd ons die verskoning gee om Jesus se geboorte en lewe te VIER nie! Daarom dan die kersles: ’n Partytjie wat by Jesus pas. Dit wil kinders wat van partytjies hou laat dink oor Jesus se partytjie: Kersfees. Ons gesels saam oor die dinge en mense wat vir Jesus belangrik is, terwyl ons beplan aan ’n partytjie, ’n manier van Kersfees vier, wat bo alles vir Jesus bly sal maak.

Partytjie wat by Jesus pas
R 145.00

OF

Partytjie wat by Jesus pas (Elektronies versend)
R 145.00


  Kersfees is Onthou-fees
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Die onthou-lysie vir kersgeskenke op die yskasdeur word elke dag al hoe langer! Ons wil tog nie iemand vergeet nie! God weet ons mense vergeet maklik. Daarom gee Hy reeds van die begin van die Ou Testament onthou-tekens aan mense.
Een van dié tekens is die Immanuel-teken. Die woord Immanuel roep dadelik beelde van Kersfees in ons gedagtes op. Toe Jesus gebore is het Hy “God met ons” geword. Maar wie ken die Immanuel-seuntjie van Jesaja 7:14 en wat moes Koning Agas onthou? Hoeveel van ons ken die storie ágter dié bekende profesie?
Bind Kersfees hierdie jaar en élke jaar soos ’n strikkie om jou vinger en onthou:
Immanuel – God is by jou!

Kersfees is Onthou-fees
R 145.00

OF

Kersfees is Onthou-fees (Elektronies versend)
R 145.00


  Hier volg die goeie nuus ...
Help kinders om die Goeie Nuus van Kersfees te deel
Outeur: Tania Schultz

Wat sou die koerant opskrifte gesê het in die tyd toe Jesus gebore is? Lees berigte in die Palistina Pos oor besoekers uit die buitenste ruim, die opbloei van toerisme in Betlehem, 'n heerser wat klou aan sy kroon.

Hier volg die Nuus (Kersles)
R 145.00

OF

Hier volg die Nuus (Kersles) (Elektronies versend)
R 145.00
  God se Groot Geskenk
'n Kersfees Boodskap wat deur die jaar gebruik kan word
Outeur: Tania Schultz

Help kinders om Jesus te leer ken as Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors. Dit is 'n tydlose boodskap wat enige tyd van die jaar aangebied kan word en ons help om fees te vier oor die groot geskenk wat God ons in Jesus gee.

God se Groot Geskenk
R 145.00

OF

God se Groot Geskenk (Elektronies versend)
R 145.00
  Op soek na die Ster van Kersfees
Ontdek die ware Ster van Kersfees
Outeur: Tania Schultz

Is jy op soek na ’n Kersboodskap
- om tydens ‘n gesinsdiens te gebruik
- om die Junior kategese mee af te sluit
- vir die Jeugaksie-afsluiting?

Dan is jy Op soek na die Ster van Kersfees!
Op soek na die Ster van Kersfees neem kinders (en gesinne) op ’n soektog om tussen al die helder kersfeesliggies deur te ontdek wie die ware Ster van Kersfees is.

Op Soek na die Ster van Kersfees
R 145.00

OF

Op Soek na die Ster van Kersfees (Elektronies versend)
R 145.00




Language / Taal

Kontak Ons

Werner en Tania Schultz
    
Adres:
Dramastraat 38
Somerset-Wes
7130
Suid-Afrika

E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    
Tel:
021 852 8645

Web:
http://kidsxpress.org

Kantoorure:
Maan-Vry: 08:00 - 13:00

Testimonials

Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
2015-09-25, 10:11
"I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God."
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
2014-06-20, 11:22
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
2014-06-20, 11:21
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
2014-06-20, 11:19
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Yolande Kruger
2013-11-03, 21:52
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.

Ons Winkel

Mandjie is leeg