Artikels

Hoe gebruik ek KidsXpress jaartemas in my gemeente?

 

 


KidsXpress jaartemas

KidsXpress word graag ‘n vennoot om kinders in jou gemeente opgewonde te maak oor God en sy Woord!

Hoe kan KidsXpress se Jaartemas in my gemeente se Kleuterkerk en Sondagskool/ Jeugaksie werk?

KidsXpress se jaarreekse is uiters geskik vir gebruik in kleingroepe en is spesiaal daarvoor ontwikkel. Elke reeks volg ’n spesifieke tema. Al die aktiwiteite (speletjies, Bybelverhale, gebedstyd en invul-aktiwiteite/handaktiwiteite) help om die temas in kinders se lewens vas te lê in ’n inter-aktiewe kleingroep omgewing. 

KidsXpress se materiaal is so opgestel dat die groepleier die metode baie vinnig bemeester. Elke aanbieding volg ‘n vasgestelde patroon wat die aanbieder help om die kinders gemaklik en met vertroue geestelik te begelei. Die gevolg is dat die kinders self ook op hulle beurt binne die groep gemaklik en veilig voel. ’n Verdere bonus is dat kinders graag weer en weer kom wat dissipline en bywoning deur die loop van die jaar laat verbeter.

Elke jaargroep kan ’n ander tema volg of die reekse kan in drie jaar siklusse gebruik word vir 3- tot 6-jariges , Graad 1-3 en Graad 4-6. Graad 7’s moet verkieslik  apart bedien word.

Alle Jaarreekse, uitsluitend Wikkelwurms, is ook in Engels beskikbaar.

Kleuters


Elke reeks bevat
1.     Handleiding vir die aanbieder met sestien volledig uitgewerkte lesaanbiedinge. 
2.     CD met reproduseerbare hulpmiddels en werkkaarte asook liedjies wat by die  aanbieding  van die dag aansluit.

Jaar Jaarreeks 

Verwagte uitkoms 

2-3 jaar Wikkelwurms



Peuters ontdek hoe wonderlik God hulle lyfies en die wêreld rondom hulle gemaak het. Deur heerlike bak-en-brou-aktiwiteite word al die sintuie van die kleintjies betrek.

3-4 jaar Dapper Stappers

Ontmoet Bybelkarakters soos Moses, Josef, Elia en Jona. Saam met die karakters leer die kleintjies meer van God, hulleself en die wêreld waarin hulle grootword.

4-5 jaar Verkleurmannetjies

Die evangelie word d.m.v. kleure aan die kleuters oorgedra. Na die reeks behoort die kleuters die basiese waarhede van die evangelie goed te begryp.

5-6 jaar Groei-goggas

Groei-goggas begin met 'n oorsig van die evangelie d.m.v. kleure. Die laaste kleur is groen wat oor geestelike groei,  soos die Bybel en gebed handel , en waarop Groei-goggas fokus. 

Indien die kleuters nie in ouderdomsgroepe verdeel word nie, maar 3- tot 6-jariges saam in ‘n groep is, kan ‘n drie jaar-siklus met Dapperstappers, Verkleurmannetjies en Groeigoggas gevolg word. 2- tot 3-jariges moet verkieslik apart bedien word.

Graad 1-3 

Elke reeks bevat
1.   ’n Handleiding vir groepleiers met 24 uitgewerkte programme met speletjies en praktiese saamgesels-Bybelstudies. 
2.   Werkboekies vir kinders. Vyf boekies is reeds by die aankoopprys ingesluit. Meer boekies kan bestel word soos benodig. Fotokopiëring van boekies is streng verbode. 
3.   ‘n CD met ’n temalied en reproduseerbare hulpmiddels

Gr 1 Eendag as ek groot is … 


In hierdie reeks droom ons saam met die kinders oor wat hulle eendag wil word. Ons gaan krap in die verlede en leer karakters in die Bybel ken. Maar ons bring ook die drome en die verhale bymekaar om saam te dink oor wat elke kind VANDAG kan kies, kan doen, kan glo.

Gr 2 Ken jy vir Jesus?



Die reeks wil vensters oopmaak op wie Jesus is, wat Hy kom doen het, vertel het, hoe Hy lewens aangeraak het terwyl Hy op aarde geloop het, en hoe Hy dit steeds kan en wil doen. 

Gr 3 Groei, groei, groei

’n Reeks om kinders toe te rus en te inspireer om geestelik te groei sodat hulle vrugte kan dra wat die Here verheerlik.Ons hoor meer oor die wonderlike werking van ons liggame, besoek die diereryk, kyk na die wêreld om ons en maak ons ’n draai in die tuin. En deur dit alles, bid en glo ons, sal die kinders wat ons geestelik versorg voor ons dankbare oë groei, groei, groei!

Al drie reekse is gerig op 7- tot 9-jariges. Dit kan ook as drie jaar-siklus vir Graad 1-3 gebruik word waar almal saam dieselfde boek doen tot die siklus voltooi is en weer van vooraf begin.

Graad 4 - 7 

Elke reeks bevat
1.   ’n Handleiding vir groepleiers met 24 uitgewerkte programme met speletjies, saamgesels-Bybelstudies en visuele hulpmiddels. 
2.   Werkboekies vir kinders. Vyf boekies is reeds by die aankoopprys ingesluit. Meer boekies kan bestel word soos benodig. Fotokopiëring van boekies is streng verbode. 
3.   In die Kollig en Survivor Israel bevat ook ‘n CD met ’n temalied en reproduseerbare hulpmiddels.

Gr 4 Amazing race @ kruis



Of

Kinders word aanmoedig om voluit aan die Christen-wedloop deel te neem en fiks te bly vir die wedloop deur geestelike oefeninge te doen en gereeld God se Woord-vitamines in te neem.

  God se Boek van Wêreldrekords



Hierdie reeks is propvol verstommende feite en verhale oor rekords in die natuur, die mens en die wêreld rondom ons wat die kinders in jou groep se oë sal laat rek! Kinders sal ontdek: God is die wêreld se voorste rekordhouer!

Gr 5 In die kollig
’n Oorsigreeks vanaf Genesis tot 2 Samuel



In dié jaarreeks maak ons of ons by ’n filmstudio werk. Ons gaan die verhaal van ons fliek kry uit Genesis tot 2 Samuel. Die kollig val op die Bybel. Ons fliek gaan handel oor ’n ware verhaal waarin God  die hoofkarakter is.

Gr 6 Survivor Israel
’n Oorsigreeks vanaf 1 Konings tot Maleagi



Terwyl die kinders aan lekker Survivor-uitdagings gaan deelneem, gaan hulle ook in die Bybel kyk hoe die stamme van Juda en Israel, God se spesiale volk, survive het – van Jerusalem na Exile en weer terug. 

Gr 7 My Blink ID



Help kinders om hul ou, dowwe ID in te ruil vir ’n splinternuwe een! Ontdek watter voorregte die nuwe ID in Jesus bring en gesels oor die lawwe IDees wat ons soms oor onsself en ons vriende het. Blink IDees om  kinders te help om hul ID in Jesus te ontdek en uit te leef.

Al vyf reekse is gerig op 9- tot 13-jariges. ’n Drie jaar-siklus kan gevolg word waar almal saam dieselfde boek doen tot die siklus voltooi is en weer van vooraf begin.  Jaar 1: Kies een van Amazing race@kruis of God se Boek van Wêreldrekords . Jaar 2: In die Kollig Jaar 3: Survivor Israel. Graad 7 doen My Blink ID.
 

Ons wil gemeentes graag aanmoedig om vir elke groepleier ’n handleiding en vir elke kind ’n werkboekie aan te koop en nie die materiaal te fotostateer nie. Gehoorsaam die kopieregwet en ondersteun KidsXpress op hierdie manier.





{readonline}Hierdie epos bevat grafika. Indien jy dit nie kan sien nie, kliek hier{/readonline}



Language / Taal

Kontak Ons

Werner en Tania Schultz
    
Adres:
Dramastraat 38
Somerset-Wes
7130
Suid-Afrika

E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    
Tel:
021 852 8645

Web:
http://kidsxpress.org

Kantoorure:
Maan-Vry: 08:00 - 13:00

Testimonials

Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
2015-09-25, 10:11
"I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God."
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
2014-06-20, 11:22
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
2014-06-20, 11:21
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
2014-06-20, 11:19
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Yolande Kruger
2013-11-03, 21:52
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.

Ons Winkel

Mandjie is leeg