"Skep uitdrukkings van God se liefde wat indrukke op kinderlewens maak"











Wat’s nuut



Flammikidz 1 en 2 CD’s



KidsXpress is ’n verskaffer van Bybelmedia se Flammikidz 1 en 2 CD’s. Elke CD bevat 5 maklik-saamsing kinderliedjies wat in kinderbediening gebruik kan word. Die teks is Skrifgetrou en help kinderwerkers om Bybelse waarhede aan kinders oor te dra. Ideaal vir gebruik as lof- en aanbiddingsliedere saam met KidsXpress se kwartaaltemas vir kinderkerk.

Lees meer...



Wys jou Waardes
 
saam met Koning Kennis
deur Tania Schultz


Wyse woorde oor waardes uit die boek Spreuke om 7- tot 13-jariges te help om as God se kinders te lewe.

Vir gebruik tydens die kinderfokus in ’n erediens, saalopening, jeugaksie, sel- of omgeegroep.

Lees meer...

Beskikbaar Januarie 2018



Kersfees-hande
Hande wat help en heelmaak


Ons gebruik ons hande daagliks vir allerhande dinge. Soms gebruik ons hulle om te help en heel te maak en soms om stukkend en seer te maak. In Kersfees-hande kyk ons na die rol wat verskillende mense se hande tydens die geboorte van Jesus gespeel het.
Lees meer…

Paasfees-hande
Hande wat sorg en seën



In Paasfees-hande kyk ons na die rol wat verskillende mense se hande tydens Jesus se krusiging gespeel het.
Lees meer…


 

KidsXpress se kantoor sluit op Vrydag 15 Desember en open weer op Maandag 8 Januarie 2018. Bestellings wat na 12 Desember ontvang word sal eers in Januarie hanteer word. Bestel asb. vroegtydig om vertragings te voorkom. 

Ons wens elkeen wat gedurende 2017 saam met ons die kinders van Suid-Arika met die liefde van Christus bedien het, ’n vreugdevolle Kersfees toe.


KidsXpress publiseer tematiese lesmateriaal en ander kinderbediening hulpbronne wat Bybelse waarhede aan kinders oordra. Die hulpbronne sluit in uitgewerkte programme, interaktiewe Bybelstudies, Bybellesse, hersieningspeletjies, liedjies, reproduseerbare hulpmiddels en aktiwiteitsblaaie.

Alle lesmateriaal is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels. Vir Engelse materiaal gaan na die PRODUCTS-ENG op die boonste menu.


  Hoe gebruik ek KidsXpress jaartemas in my gemeente?  


Vir gebruik in:
 
Kinderkerk; Kleuterkerk en -skool; Sondagskool; Jeugaksie; Selgroepe en Kampe. Kliek op een van die kategorieë hieronder om te sien watter produkte ons aan jou kan bied:

Ons Produkte
   
   
   
   
 

Language / Taal

Kontak Ons

Werner en Tania Schultz
    
Adres:
Dramastraat 38
Somerset-Wes
7130
Suid-Afrika

E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    
Tel:
021 852 8645

Web:
http://kidsxpress.org

Kantoorure:
Maan-Vry: 08:00 - 13:00

Testimonials

Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
2015-09-25, 10:11
"I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God."
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
2014-06-20, 11:22
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
2014-06-20, 11:21
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
2014-06-20, 11:19
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Yolande Kruger
2013-11-03, 21:52
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.

Ons Winkel

Mandjie is leeg