e-JAarboek aflaai

Vir persone wat die JAarboek vir Tieners bestel het, kliek HIER vir die prosedure en skakels om die eBoek af te laai.

Welkom by KidsXpress

"Skep uitdrukkings van God se liefde wat indrukke op kinderlewens maak"











Wat’s nuut



Splinternuut!
My Goeie Nuus Inkleurboek
God se goeie nuus is vir almal!



My Goeie Nuus Inkleurboek deel die evangelie in eenvoudige taal met 4- tot 8-jariges (of enigeen wat graag inkleur!) Die inkleurprente op elke bladsy is die handewerk van die begaafde Magriet Brink wat al vir die afgelope 12 jaar KidsXpress se illustrasies behartig. Die prente het eenvoudige, skoon lyne wat gemaklik deur klein handjies ingekleur kan word. Lees meer…


KidsXpress se eerste reeks in Xhosa!

Imibali echaza ibali
- The colours tell a story

’n Reeks waarin kleure gebruik word om die evangelie aan kleuters oor te dra.


Through this book our children have grown in knowing God and how the Bible teaches us how to live our lives. They learnt about how special they are to God and how to talk to God. The songs, rhymes, activities and games in the book helped them to grow in various skills and have improved their language.

The fact that the book is available in Xhosa is very good. Adults who do not understand English can now teach Xhosa speaking learners at school, in our churches and in groups in our communities about the importance of the Word of God.”
- opvoerders by die Umniqophiso pre-primêre skool in Lwandle, Strand.

Lees meer...



Memoires van ’n ma
Deur Tania Schultz

Oor eie kinders, miskraamkinders, aanneemkinders, liefhê-en-laat-gaan-kinders – God se kinders


Lizette Murray, skrywer en joernalis vir Lééf, skryf:

Memoires van ’n ma is ’n aangrypende boek. Dit is méér as net memoires. Dis die verhaal van ’n besondere ma wie se liefde vir kinders verder as haar eie kinders kring. Dis ’n verhaal van God se liefde en gehoorsaamheid aan ’n spesifieke opdrag: “Laat die kindertjies na My toe kom!”

Lees meer...


Kinderpinkster 2016


Talente & Geestelike geskenke

’n Reeks om 7- tot 13-jariges te help om hulle geestelike geskenke te ontdek en uit te deel.


Ons hoor die verhale van kinders en jongmense in die Bybel, soos o. a. Dawid, Ester, Mirjam, Samuel en Timoteus, wat deur God gebruik is wanneer hulle hulle geestelike geskenke uitgedeel het. Danie Möller, Leraar van die NG Gemeente Helderberg, skryf: Hierdie publikasie kry dit reg om die begrippe “natuurlike talente” en “geestelike gawes (geskenke)” te verduidelik, maar dit so toe te pas dat die klem bly val op die heerlike uitnodiging om ons talente en geskenke uit te deel tot voordeel van mekaar en tot eer van God.

Lees meer…


KidsXpress publiseer tematiese lesmateriaal en ander kinderbediening hulpbronne wat Bybelse waarhede aan kinders oordra. Die hulpbronne sluit in uitgewerkte programme, interaktiewe Bybelstudies, Bybellesse, hersieningspeletjies, liedjies, reproduseerbare hulpmiddels en aktiwiteitsblaaie.

Alle lesmateriaal is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels. Vir Engelse materiaal gaan na die PRODUCTS-ENG op die boonste menu.


KENNISGEWING
KidsXpress se kantoor sluit op Donderdag 15 Desember. Bestellings wat ons teen Maandag 12 Desember bereik sal nog in daardie week versend word. Bestellings wat ons na die 12de bereik sal eers in Januarie hanteer word. Ons maak weer op Woensdag 4 Januarie oop. Bestel asb vroegtydig om vertragings te voorkom.


Ons bedank al ons kliente vir jul getroue ondersteuning gedurende 2016. Mag die vrede van Christus gedurende die Kerstyd oor elkeen die wag hou.











  Hoe gebruik ek KidsXpress jaartemas in my gemeente?  


Vir gebruik in:
 
Kinderkerk; Kleuterkerk en -skool; Sondagskool; Jeugaksie; Selgroepe en Kampe. Kliek op een van die kategorieë hieronder om te sien watter produkte ons aan jou kan bied:

Ons Produkte
   
   
   
   
 

Language / Taal

Kontak Ons

Werner en Tania Schultz
    
Adres:
Dramastraat 38
Somerset-Wes
7130
Suid-Afrika

E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    
Tel:
021 852 8645

Web:
http://kidsxpress.org

Kantoorure:
Maan-Vry: 08:00 - 13:00

Testimonials

Jonas Levendal, Youth Pastor, Coronation Ave Methodist, Somerset West
2015-09-25, 10:11
"I find the KidsXpress curriculum is fresh, easy, creative and simple to understand. I find it particularly good when working with a cross cultural and bilingual group of learners and facilitators, we’ve used it in our children’s church and adapted it for our Holiday Clubs and have had a good response from parents, team and children alike. I recommend it to you for your camps, youth groups, schools and children’s churches any place were children gather to learn more about God."
Sulet van der Bergh, NG Suider-Strand
2014-06-20, 11:22
Kinderpinkster is 'n groot geleentheid in ons Jeugbediening. Daar word vooraf hard beplan, dekor gemaak en versierings gedoen - ouers en kinders is ewe opgewonde om te sien watter avontuur ons hierdie jaar gaan beleef. . . En vanjaar is oud en jonk verras met 'n fantastiese reeks deur KidsXpress: Jesus sê: Ek is, ‘n Vakansie op die plaas! Kinders sowel as volwasse helpers het geleer wie Jesus sê HY IS en was verwonderd oor hoe maklik die plaastema dit vir almal gemaak het om te onthou. Ons gemeente het kosbare oomblikke saam beleef waar groot en klein die waarde van Jesus se identiteit beter kon verstaan. Ek is, want Hy is binne my!
André Kritzinger, NG Kerk Mosselbaai-Suid
2014-06-20, 11:21
Werner en Tania. Ek sê baie dankie vir die voorreg om die Jesus sê: Ek is-reeks te kon gebruik. Ek het dit in die plaaslike laerskool met ongeveer 700 kinders gebruik asook twee byeenkomste by die Curro privaatskool (150 graad 1-7's). Ek het by my eie styl en omstandighede aangepas, maar die hele konsep het wonderlik gewerk. Dankie vir die Ek-is-lied! Dit was 'n treffer. Ek kan KidsXpress aanbeveel.
Ds Abraham Viviers. Medeleraar: NG Gemeente Waterberg
2014-06-20, 11:19
Ek wil darem ook net dankie sê vir die materiaal en die groot werk wat julle doen. Ook net 'n bietjie terugvoer. Ek en my vrou is van die begin van 2012 in Waterberg Gemeente (Nylstroom/Modimolle). Ek is verantwoordelik vir die gesinsbediening in die gemeente en gevolglik het die Gemeente se Kinderpinkster ons verantwoordelik geword. Ons het die afgelope 3 jaar van julle materiaal gebruik gemaak. Kinders van die dorp (ook ander kerke) word uitgenooi na hierdie geleentheid en dit is 'n groot jaarlikse hoogtepunt vir die kinders. Ons het gedurende die pas afgelope pinkstertyd elke aand tussen 70 en 110 opgewonde kinders bedien! Die terugvoer wat ons gekry het, is dat selfs ouers gevra het dat ons asseblief net nooit moet ophou daarmee, want hulle sien die positiewe gevolge daarvan in hulle kinders. Die kinders blom in daardie tyd en hulle babbel sommer spontaan oor die dinge wat hulle leer en dit stimuleer sommer almal se deelname aan geloofsgesprekke in die huisgesinne!
Yolande Kruger
2013-11-03, 21:52
Enige jeugwerker of predikant wat al ‘n kinderbyeenkoms van begin tot einde self moes beplan en aanbied, weet hoeveel voorbereiding en tyd dit in beslag neem. KidsXpress se reekse is hierin vir ons ‘n groot hulp, want nie alleen is dit inhoudelik van hoë kwaliteit nie, die netjiese en weldeurdagte formaat maak dit heerlik gebruikersvriendelik. Die omvattende lys van benodigdhede en stap-vir-stap dagprogram by elke les maak dat geen aanbieder - hoe onervare ookal – oorweldig of onseker hoef te voel nie.

Ons Winkel

Mandjie is leeg